Meettegniek

Kwantitatiewe gegewens, waarsonder die moderne samelewing nie kan klaarkom nie, word in getalwaardes uitgedruk wat aan groothede soos tyd, lengte, massa, ensovoorts toegeken word, en dikwels met behulp van 'n soort instrument verkry word.

In die toekenning van getalwaardes is dit nodig om van eenhede soos die meter (lengte), die sekonde (tyd), die volt (elektriese spanning) en talle ander gebruik te maak, en dit dan numeries af te tel sodat die grootheid deur 'n getal eenhede voorgestel kan word. Elektriese meting, dit wil sê die meet van elektriese stroom, spanning of weerstand, neem 'n besondere plek in die meettegniek in, aangesien elektriese seine (golwe, pulse) redelik maklik opgewek, versterk, omgesit en weergegee kan word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search